Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

Tyd vir Oorlog | SA Rekordhouer Dormerram

OORLOG, ’n tweetand-ram van 14 maande van mnre. Tjaart en Steyn Steenekamp se stoetery Twee Broers, BarklyOos, is op die nasionale Dormerveiling in Bloemfontein teen ’n rekordprys van R350 000 verkoop. Die kopers is die Eksteen broers, Marius en Jan, van Hatari Farming buite Bloemfontein.

Die nuwe Suid-Afrikaanse Dormer-rekord-ram, Oorlog, wat Saterdag teen ’n allemintige R350 000 opgeveil is.

Die Jong Dormerram van die Oos-Kaap met die naam Oorlog het sy naam gestand gedoen en skoonskip op die nasionale Dormerveiling gemaak deur die duurste ram in sy soort in die land te word.

OORLOG en die begin van groot dinge.

Hatari Farming het in Oorlog belê om van sy nageslag op ons 2022 produksieveiling aan te bied. Ons het ook die afgelope ses jaar van die land se beste teelmateriaal aangekoop.

SA-Rekordprys-Dormerram-Hatari-farming

Wat Oorlog besonders maak is dat hy baie goeie balans het en sy gewig baie goed kan dra!
Met n sterk kop en baie diepte van lyf teel hy sy goeie eienskappe net so oor!

Marius Eksteen

Die Lammers is nou eers 3weke oud en wys klaar hoekom top genetika so belangrik is in enige stoet kudde. Oorlog is n beproefte Ram, besig om diep spore in die Dormer bedryf te trap.

Oorlog kom huistoe

Alle dank en loof aan ons liewe Vader. Dit was n ongelooflike dag. Dankie vir almal wat betrokke was. OORLOG kom huistoe 2Broers Dormers julle het top klas diere. Dankie ok aan Dormer SA en Vleissentraal

Baie geluk aan Hatari Farming met die koop van n top stoet ram vir ‘n nuwe nasionale rekord

Passie is wat die verskil maak.

LEES VERDER: Hatari Farming 2022 Produksieveiling

Teken aan om in kennis gestel te word van ons volgende veiling.

Maak gebruik van die geleentheid om van die beste Dormer en Suffolks genetika te bekom.

Hatari Farming verwelkom Oorlog in ons Dormer Stoet

Leave a comment