Playlist












Hatari Milestones


















Our Vision Is To Craft Agribusiness Through Trust & Shared Values


Game Breeding
Hatari Farming started breeding with game in 2001. Itβs a privilege for us to specialise it top quality game such as Buffalo, Sable and Lechwe β Find Out More
Irrigation Farming
Our passion for agri-business didnβt stop there. In 2014 Hatari started with Irrigation Farming offering Wheat, Corn and Oats β Find Out More
Dormer & Suffolk Breeding
Our love and need to farm with Sheep was realised in 2016. Excellent quality is a priority, that’s why our Dormer and Suffolk Stud come from the most sought-after lines and best-known breeders β Find Out More
Hatari Farming het met reg hul plek as een van die voorste name in die Dormerbedryf bevestig.Β Om by die nasionale Dormer-veiling virΒ die beste string ramme Γ©n ooie vir 2025Β bekroon te word, spreek van uitsonderlike genetika, konsekwente teelgehalte en βn duidelike strewe na uitnemendheid. Dat Hatari ook dieΒ hoogste prys vir sowel βn ram as βn ooiΒ op die veiling behaal het, bevestig verder die vertroue wat kopers in hul stoetery en teelmateriaal het.
Landbouweekblad
Namens die Royal Agricultural Society wens ons Hatari Farming geluk met βn uitsonderlike prestasie by die 2025 Royal Carcass Competition. Om die Champion Lamb Carcass-toekenning met βn historiese gelykopuitslag te wen, asook die Reserve Champion Lamb Carcass en Champion Lamb Group, spreek van buitengewone gehalte en konsekwente uitnemendheid. Hatari Farming het hulself weereens as βn toonaangewende naam in die bedryf bewys.
Royal Agricultural Society
Hatari se Platinum Dormerveiling het bewys waarom Hatari Farming steeds βn vooraanstaande naam in die Dormer-mark is. Van die oomblik dat die saal volgepak was met kopers en veilingentoesiaste, was die atmosfeer van opgewondenheid en belangstelling tasbaar. Wat volg, was βn veiling wat nie net uitsonderlike pryse behaal het nie, maar ook βn duidelike boodskap gestuur het: gehalte Dormers is van onskatbare waarde.
ProAgri
Julle toewyding, passie en liefde vir die Dormer-ras weerspieΓ«l duidelik in die gehalte van julle diere en aanbiedings β dit is ware ambassadeurskap vir ons ras.
Dormer SA
Hatari Farming het werklik uitgestaan met die uitsonderlike gehalte van hul diere. Dit was duidelik dat daar geen kompromie op kwaliteit was nie β elke dier is streng gekeur en met groot sorg aangebied. Die topklas standaard was sigbaar, en dit is ook weerspieΓ«l in die positiewe opmerkings van kopers wat die diere vooraf besigtig het. Hatari Farming bewys dat hulle gefokus is op uitnemendheid, sterk teelwerk en diere wat βn betekenisvolle impak in enige kudde kan maak. βn Ware voorbeeld van kwaliteit waarop βn mens kan staatmaak.
Gert Jordaan
Hatari se Dormer Stoetooie is iets besonders het hulle Woensdag gescreen. Die tipe kwaliteit Stoet kom nooit op produksie veilings nie maar met nuwe tegnologie soos embrio spoeling maak dit baie toe deure oop!!!
Kyk gerus na die Hatari Stoet om te sien hoe lyk die ideale en bes beproefte Dormer ramme. Wat hulle besonders maak is dat hulle baie goeie balans het en hulle gewig baie goed kan dra! Met n sterk kop en baie diepte van lyf teel hulle goeie eienskappe net so oor!
Jan van der Walt
Met trots verwelkom ons Hatari Farming se Suffolk en Dormer Stoet by Vredesig! Dankie vir die geleentheid om heidrie ongelooflijke stoet by julle te kan oorneem, dis n eer! Ons weet daar is jare se passie en liefde daarin!
Dit was βn baie mooi en lekker veiling! Die diere wat julle beskikbaar gestel het was van ongelooflike hoΓ« standaard. Dit was meer as net βn veiling, was lekker om saam te kon lag, gesels en stories deel. Ek sien somer klaar uit na volgende jaar se een
Johnny Forbes
Hatari Farming 2025 Dormer Auction
Met βn uitstekende aanbod van genetika, sterk belangstelling van kopers regoor Suid-Afrika en βn volledige 100% verkoopsyfer, was die dag veel meer as net βn veiling. Dit was βn viering van kwaliteit, toewyding, vennootskap en die toekoms van die Dormer-ras.








